Verbruikerstudies is ’n vak wat uit twee komponente bestaan, naamlik ’n praktiese en ’n teoretiese komponent.
Jy moet seker maak dat jy goeie punte in beide komponente behaal.
Vakvereistes
- ’n Handboek
- ’n Sakrekenaar
- ’n Rofwerkboek
- ’n Wit voorskoot vir al die praktiese lesse
- Haarbedekking vir voedselproduksie
Hieronder is ’n lys van wat jy behoort te gebruik om te verseker dat jy al die Graad 12-inhoud gedek het.
Die verbruiker
- Finansiële en kontraktuele aspekte waarvan verbruikers kennis moet dra
- Belastings, rentekoerse en inflasie
- Volhoubare verbruik van water en elektrisiteit
- Verantwoordelikhede van munisipaliteite en gemeenskappe
- Voorkoming en bestuur van dieet- en voedselverwante gesondheidstoestande
- Voedseloordraagbare siektes
- Voedseladditiewe
- Voedselettikettering as ’n bron van inligting
- Voedselverwante verbruikerskwessies
- Toepassing van ontwerpelemente en -beginsels wanneer ’n klerekas beplan word
- Mode en voorkoms in die werksomgewing
- Die modesiklus en huidige modeneigings vir jong volwassenes
- Beplanning van ’n basiese klerekas
- Verbruikerskwessies oor kleding en tekstiele
Behuising en interieur
- Verskillende huiskoopopsies
- Finansiering verwant aan die aankoop van ’n huis
- Keuse van huishoudelike toestelle
- Finansies en kontrakte verwant aan die aankoop van meubels en huishoudelike apparate
- Die vordering van ’n idee tot die produksie en bemarking van ’n produk
- Faktore wat effektiewe produksie beïnvloed
- Vereistes vir gehalteprodukte
- Ontwikkel ’n bemarkingsplan volgens die 5P-bemarkingstrategie
- Evalueer die volhoubare winsgewendheid van ’n onderneming
No comments:
Post a Comment