Saturday, 7 May 2016

Wat word verwag van Verbruikerstudies?

Verbruikerstudie

Die Vak Verbruikerstudies lê die fondasie vir Verbruikersopleiding wat leerders sal ontwikkel in verantwoordelike en ingeligte verbruikers.  
Die Vak sal ook bydra tot die verbetering in die kwaliteit van verbruikers in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie.  
Verbruikerstudies berei ook leerders voor om die nodige kennis, vaardighede, waardes en houdings aan te leer om voedsel te vervaardig en bemark sodat dit in verbruikers se behoeftes sal voorsien.
Verbruikerstudies fokus op drie areas: 
VOEDSEL EN VOEDING 
KLEDING
BEHUISING EN MEUBLEMENT

Verbruikerstudies as vak gee leerders die geleentheid:
·         Om kwaliteit van lewenservarings in individue en gemeenskappe te verbeter
·         Om wetenskap en tegnologie effektief en krities te gebruik deur verantwoordelik teenoor die omgewing en ander op te tree
·         Insameling, analise en kritieke evaluasie ten opsigte van inligting te maak sodat vaardighede aangeleer kan word om effektiewe verbruikers te word
·         Om verskillende hulpmiddels van produkinligting te gebruik om krities en op ‘n kreatiewe manier te dink en besluite te neem
·         Om omgewingsbedreigings te herken en die effek wat dit op die verbruiker en vervaardigers sal hê
·         Om effektief te kan kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en ander taal en hulpmiddels
·         Om die impak van die gebruik en produksie van die natuurlike en ekonomiese omgewing te verstaan
·         Om samewerking met ander mense te waardeer, hetsy as ‘n lid van ‘n span of groep
·         Ondersoek instel oor verbruikerskwessies, oplos van probleem en die produksie van produkte
·         Aanmoediging van positiewe houding teenoor werk en die bemagtigheid van individue om selfstandig te word
·         Gebruik van voedsel, kleding, behuising en meublement om as entrepreneur die kennis en vaardighede te kan toepas
·         Om die fondasie neer te lê vir verdere onderrig en opleiding, sodat verskillende beroepsgeleenthede in voedsel, kleding, behuising en meublement verken kan word

Indien leerder wat Verbruikerstudie as vak neem word daar verwag dat:
·         Leerder altyd ‘n positiewe houding teenoor die vak sal hê
·         Entoesiasties sal wees in alle take wat gegee word
·         Gedissiplineerd moet wees ten opsige van jou huis- en klaswerk
·         Respekvol sal wees teenoor jou maats en onderwysers
·         Altyd netjies en volledige werk sal handhaaf
·         Leerder ‘n passie sal ontwikkel om ‘n ingeligte verbruiker te wil wees

MOONTLIKE BEROEPSKEUSES

Voedsel
Kwaliteitsbestuurder
Produkpromosie en –bemarker
Voedselprodukontwikkelaar
Entrepreneur bv. Gasvryheidsbedryf

Kleding
Modeaankoper en –bemarker
Kwaliteits- en produkbestuurder

Behuising
Binneontwerper en –versierder
Binneontwerpkleinhandelbestuurder en aankoper
Behuisingskonsultantonwikkelaar
Entrpreneur bv. Vaardigheidskursusse

Ander
Verbruikersopvoeder
Verbruikersraadgewer
Verbruikersnavorser

Kapasiteitsbouer

No comments:

Post a Comment